Voordat ek my hele wedding planning proses aan die wêreld gaan verkondig moet ons eers so bietjie op en af spring!! Ek is verloof!!!
Uiteindelik.
Na 5 jaar en vrek baie ups and downs het Jean my uiteindelik gevra om met hom te trou.
Wel, ons het daai Saterdag saam besluit dat dit nou tyd is vir die lekker en duur stap.
Ek het my eie ring gaan kies wat hy toe dadelik gekoop het. So tradisioneel is beslis nie die woord waarna ons soek nie.
Ring in sy sak. Stop by my huis. Vertel vir my ouers. Almal is opgewonde.
Niks is MOS die waarheid as dit nie op Facebook is nie. Ons verkondig toe ons verlowing via Facebook aan almal en ek is vir daai hele dag links.
Ek wil alle bruide bietjie help met idees. Wil my wedding planning met almal deel. Geen lekkerder uitlaatklep as `n blog nie.
Lees, geniet, kry inspirasie en deel hierdie wilde 5 maande saam met my!!
No comments:
Post a Comment